44ste Oscar-toekenningsaand

  44ste Oscar-toekenningsaand 

Datum 10 April 1972
Plek Dorothy Chandler Pavilion,
Los Angeles
Aanbieder Helen Hayes, Alan King, Sammy Davis jr., Jack Lemmon
Pryse & benoemings
Beste rolprent  The French Connection
Meeste pryse  The French Connection (5)
Meeste benoemings  The French Connection,
Fiddler on the Roof,
The Last Picture Show (8 elk)

Die 44ste Oscar-toekenningsaand is op 10 April 1972 deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences in Los Angeles gehou om erkenning te gee aan die rolprente van 1971. Die aanbieders was Helen Hayes, Alan King, Sammy Davis Jr. en Jack Lemmon.

Een van die hoogtepunte van die aand was een van die laaste verskynings van die aktrise, danseres en sangeres Betty Grable, wat toe kanker gehad het. Een van haar mede-akteurs van die 1940's, die sanger Dick Haymes, was saam met haar op die verhoog om die prys vir beste musiek te oorhandig. Sy is die volgende jaar oorlede.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy